Tydperk van Westerse klassieke harmonie

In die geskiedenis van die Europese kunsmusiek, verwys die term tydperk van Westerse klassieke harmonie na die tydperk tussen die skepping en die ontbinding van die tonale stelsel. Hoewel daar geen presiese datums vir hierdie verskynsel is nie, het die meeste kenmerke van die tydperk van klassieke harmonie volgehou van die middel- tot laat-Baroktydperk, deur die klassieke en romantiese tydperke heen, of min of meer van 1650 tot 1900. Terwyl sekere heersende patrone en konvensies kenmerkend van die musiek van hierdie tydperk is, het die tydperk ook aansienlike stilistiese evolusie getoon. Sommige konvensies het gedurende hierdie tydperk ontwikkel wat selde op ander tye gebruik is gedurende wat nog steeds "klassieke harmonie" genoem kan word (byvoorbeeld, sonatevorm). Die datums 1650–1900 is dus noodwendig vae en arbitrêre grense wat afhanklik is van die konteks. Die belangrikste verenigende funksie deur hierdie tydperk behels 'n harmoniese taal waarop moderne musiekteoretici Romeinsesyferontleding kan toepas.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search